Gemsbok
Springbok
Kudu Bull
Kudu Cow
Blue Wildebeest
Zebra
R8 500
R60 per kg (gutted)
R8 500
R7 500
R8 500
R6 000
R200
R80
R200
R200
R200
R200
Trophy caping for taxidermy (slag van kuip) is available for an additional R300. We carefully skin and cape the trophy so the hide stays intact and ready to hand over to your taxidermist. Please note that we don’t do taxidermy ourselves. This service covers only the slaughtering and caping process needed to prepare the trophy for the taxidermist of your choice.
Deposit — your booking will only be confirmed once your deposit (the full accommodation fee) has been received.
Rates per person, per day/night
Hunters: R1 100 | Non-hunters: R550
Noord van Leeu Gamka, in ’n stuk wêreld waar die enigste sigbare grens die horison is en waar die Groot K’roo sy karos oor die landskap sprei, lê Rooiheuwel, genestel tussen tronende berge. Wanneer jy op hierdie juweel van ’n plek aankom en sien hoe die ruwe rotse hoog teen die hemel beur, kan jy nie anders nie, as om dadelik aan die woorde uit Langenhoven se pen te dink, “…oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee…”
Hier, in die land van die groot ruimtes, is dit egter nie net die berge wat met jou praat nie maar ook die “ver verlate vlaktes”, die groot ooptes wat tot aan die gesigseinder strek en wat wintertyd goudgeel in die loom middagson lê en rus. Dis hier waar Namakwaduifies se sagte roep op die middaguur die salige stilte van die Groot Karoo nog mooier maak.
Ek en my vrou het op ’n wintersmiddag op Rooiheuwel aangekom en nadat ons die eienares, Marge Vivier en die plaasbestuurder Kobus Swanepoel en sy vrou Judith ontmoet het, weereens besef dat een van die Karoo se grootste bates sy mense is. As jy mens-mense wil leer ken, draai maar net jou motor se neus Karoo toe. Ons is na ’n gedeelte wat Middelplaas heet waar ons in ’n jagtershuis, geleë aan die soom van ’n breë rivierloop, vir ’n paar dae ons staning sou maak.
Die doel van my besoek was om twee springbokke te jag en die volgende oggend is ek na ’n deel van die plaas met die mooi naam Tierhoek. Daar, op ’n groot grasvlakte voor ’n hoë bergreeks waar vlak, droë lopies, gesoom met soetdorings en ander bosse, hul weg voel-voel oor die ooptes vind, het ek twee pragtige, swaar ramme geskiet.
Maar dis nie net die springbokke wat hier mooi en volop is nie, die natuurskoon van die Rooiheuwel-eiendom is iets waaroor jy nie anders kan as liries raak nie. Dit is beslis die mooiste Karooplaas wat ek nóg besoek het. Daar is oral staproetes wat jou tot hoog in die berge neem. Iets anders wat my beïndruk het, was Kobus Swanepoel se vriendelike en goeie diens en sy onderhoudende geselsskap asook sy goeie kennis van wild en die natuur. Ek het gehou van sy etiese benadering tot jag en die feit dat hy graag familiejagte wil promoveer.
Daar is ’n 500m-skietbaan skaars 20m van die jagtershuis af met ’n onderdak skietpunt. Behalwe vir die teikenstaanders op elke afstand, is daar staalghongs vanaf 200m tot 500m sodat jy behoorlik seker kan maak waar jou geweer skiet.
Springbokke is nie die enigste beskikbare wild nie, jy kan ook gemsbokke, blouwildebeeste, koedoes en vlakvarke jag. En dis veral die koedoes wat my interesseer. Hulle hou meestal in die soetdoringruigtes langs die rivier wat lengtegewys deur die hele eiendom van 15 000ha kronkel. Met my volgende besoek aan Rooiheuwel wil ek ’n koedoebul jag. Dié groot, “grys skimme” van die bos hou vir my ’n besonderse bekoring in.
Rooiheuwel Safari’s is ’n jagbestemming wat ek baie sterk en met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Behalwe vir die mooi wild, is dit ’n plek wat met jou hart praat en waar jy tuis voel, want jy wéét jy is in die goeie hande van Karoomense.
